This is XuL//Excelsi’s music collection on Bandcamp.

XuL//Excelsi

  1. Cape Town, South Africa
  2. Metal
  1. collection 482
  2. wishlist 364
  3. followers 62
  4. following 300
  1. Somniaprima
    by Ghriéving
    Πιστεύομεν Πιστεύομεν
    Die wortels van visie lê diep in die Suid-Amerikaanse reënwoud, so dis afgodsnatuurlik dat unieke black metal visioene uit plekke soos Venezuela gewigtige uitdagings is.

    Nuwe hoogtes in black metal word nou byna maandeliks ontdek. Die sleutel tot wedergeboorte lê in die ryk weefsel van uithoek swartkuns. Ghriéving se kleur van smoorkwaad en drogbeelde van die eindtye is 'n gloeiende draad in die kosmiese boskaas. --LD
  2. ANTROPOCENE
    by O
    Wat de bliksem? Die eerste song maak my wakker( babalaas) die tweede storm ek teen die trappe af in 3 koop ek Vodka in n 7 11 vierde spring ek oor die vlaghekkies en forcefeed my self op die vroee oggend commute. Vyf trek ons weg. Ses kyk iemand my skeef aan. Sewe begin die kak eers. Daarna is die oggend trein na Yingkodaostasie in vlamme
    --AF
  3. Sounds of a Disease
    by SKAM
    Millstone Gallows Millstone Gallows
    Kyk, as my ou pella God Stewart vir my vertel om 'n ding by te kom dan comply ek vrywilliglik. Díe ding sleep ongesond erg hoor. Hêle dag, kry jy nie SKAM by my.

    Die Birmingham koppeling is reeds gemaak vir verwysingsraamwerk. Ek stem daarmee saam. --LD
  4. Psychopompe
    by Dyphtê
    Psychopompe Psychopompe
    So rou en eenvoudig op die eerste oor af, maar iets tonnel in jou onderbewussyn in teen die tweede luister deur, iets wat met jou middeloor mors en jou maag laat draai.

    Mistieke Franse sieke verslawing met morbiede bekoorde akkoorde wat my met 'n skewe glimlag laat skoffel oor die teëlvloer van 'n kartesiese vlak, sonder kleur of sleutel. Hierdie wêreld is slegs met kool geskets. Ek kyk oor my skouer en trap terug elke slag voor die horison. Herhaal.

    Dryf déur.

    Dryf verder. --LD
  5. svartmálm
    by SVARTMÁLM
  6. XII
    by Hexis
  7. Stare Into Death And Be Still
    by Ulcerate
  8. Entre Tudo que é Visto e Oculto
    by Bríi
  9. Pervertor
    by Lord Mantis
    Looking over false bay i gotta say that the vitriol never measures up doesnt even come close to matterofafactly, to the abandoned joy i get from this band. Charlie Fell from the sky. Bomber Raid epic stuff,pilots, turret gunners screaming for more ammunition.
    --AF
  10. Death Mask
    by LORD MANTIS
  11. The Unlawful Assembly
    by Dawn Ray'd
    Island Of Cannibal Horses Island Of Cannibal Horses
    Om n lewe te lewe op kondisie dat jy sal dit of dat beteken basies dat ek bereid is om te buig, op te gee, aanvaar.
    Dawn R'd wys fakkels in donker stegies vuis en mes gevegte dinge aan die brand steek vir waaraan jy glo.
    In die gees van Altar of plagues ontmoet die pagans ons op n donker sanderige pad.
    Alternative7/10 BM 8/10
    My hart by my bors uitruk 10/10
    A.F
  12. Панихида
    by Krzysztof Drabikowski
  13. Bosse-de-Nage (ii)
    by Bosse-de-Nage
  14. White1 (2018 remastered edition)
    by SUNN O)))
  15. Endless Detainment
    by Serpent Column
    Endless Detainment Endless Detainment
    Die antitese van Hendrix in Aesthetica: met chaos is die kern van soniese geweld gedistilleer. Wiskundig is die limiete van die bewussyn gekarteer.

    'n Black Metal DDoS aanval wat jou brein in twee kleef en jou siel nuwe dimensies laat betree.

    Nés MiD, is deurnis hier jou vriend. Sodra jy deur die membraan skuur en jou ore ophou fluit, sal jy nêrens anders tuis voel nie. Jy het iets geproe wat selde geproe word. Mystiskaos is besig om ons death doulas te word. Ek ken nie meer vrees nie. --LD
  16. End Of Chapter
    by Au-Dessus
    Hierdie is nie n stoomtrein sonder brieke nie. Jy daag nie net op in jou oorpak nie. Hierdie is klim in n ruimtepak. Vuurvas. Kliek elke kliek maak seker jy kan die g forces handle. Hierdie is blasting into space. Hierdie is podracing, laagvlieg oor n bittermooi landskap. Hierdie is hoogtes wat jy nie sommer koop nie Hierdie is Mongol hordes van die planete. Hulle vat jou vreet jou en los jou nie agter nie. Fekkit!!! Hierdie is overclocking.
  17. Arrayed Claws
    by LORN
    Abstract Trap Abstract Trap
    Dit kruip en kruwel, boor in jou bewussyn in met genadelose swerme van ongemaklike riffs en gebruik die negatiewe spasie van die min vokale om oomblikke uitmergelend te maak.

    Die eerste 2 is reeds die toegangsprys werd, anemiese gevoel en melodie, met van die sterkste uitvoering in hierdie geur van black metal.

    Elke keer wat jy daai tannie op die insekpote se embleem sien, kan jy maar weet jys in vir 'n rit. En met hierdie een sal ek met liefde my stop mis en net aanhou ry. --LD
  18. BEHAUPTUNGSANIMALITÄT
    by GGUW
    Sien jy daardie swart massa van nagmerries en naamlose ledemate? Daardie totaliteit bevat al die byvoeglike naamwoorde wat ek vir hierdie resensie sou gebruik het. Geen beskrywing, of lig, kan ontsnap nie.

    Dierlik? Beslis. Dierbaar? Fokken nie eers bietjie nie. --LD
  19. GEGEN GRAVITATION UND WILLENSFREIHEIT
    by GGUW
    Die omslagkuns is 'n egte foto van die gedaante wat hierdie album opgedroom het. Net die 6-duim tande is nie sigbaar nie.

    Black metal.
    Bliksemsrof.
    --LD
  20. Aesthethica
    by Liturgy
    True Will True Will
    Fraktale hoogtepunt van die platorand.

    Hoogtes in black metal (is ja - die keurwag se moer) wat nog net deur die Ysland broederbond, en miskien Altar of Plagues, gesien is.

    Wat hierdie ekstase uniek maak is dat geen haat of hartseer opgeroep is om aandrif te gee nie, inteendeel die hele ding is pure hartsweef vreugde sinkopie.

    Sê van Hendrix wat jy wil, ek is 'n vingers-in-die-ore gelowige.

    Aesthetica is sonder gelyke. 500 karakters is nie eers genoeg vir die proefskrif abstrak nie.--LD